Die luisterbegrip eksamen is gewoonlik vir tweede taal leerders die heel moeilikste vraestel. Hier sal 'n verskeidenheid luisterbegrip toetse geplaas word. Om die beste uit die afdeling te kry, luister so 'n paar maal na die leesstuk, beantwoord die vrae en merk jouself STRENG! Daarna doen jy nasorg en luister weer na dieselfde voorlesing om die antwoord te probeer raak luister. Luister totdat jy dit wel regkry om die antwoord te hoor. As jy spelfoute in jou antwoorde gemaak het is dit 'n goeie tyd om sommer die woord(e) te leer spel ook. Spelling is baie belangrik. Wees veral versigtig dat jy nie die Engelse spelling van 'n woord gebruik nie.